Wil graag met jul deel wat gebeur het.. Abba is soooo goed.

Dinsdag het ek mos “geabreact” 3 jarige sy was baie kwaad, net gehuil en geskree “Nee”.. “moenie” en dan panic attacks gekry. Nadat Vera vir my kom uit help het en gebid het het ek gaan lê. Toe kom daar 2de enetjie vorentoe wat baie koud kry. My hele lyf het geruk van die koue. Ek het gebid en Jesus gevra wie dit is. Hy sê toe – jy is 3 mnde in die baarmoeder. En skielik sê ek “jaaa dis koud, my sussie is hier dood voor my. Oe dis so koud. Die gees van dood is hier… oe dis sooo koud” Ek sien toe hoe Jesus inkom en dit warm maak. Ek was veilig.

Woensdag oggend het Vera gedeel van Mosambiek. Toe ons begin worship vra Abba my. “Rolanda I want to send you to the nations…will you follow Me?” I will my Lord.

Weer vra Hy “Rolanda will you leave your luxuries behind, will you follow Me? I will my Lord.

Derde keer vra Hy “Rolanda will you travel and live out of suitcases for Me I want to send you to the nations?” I will my Lord. ” Because you will I will heal you now!” Julle daar in ‘n kwessie van 3 worship liedjies vra Abba ek moet begin bid dat Hy my “original self” wat 2jr was moet begin terugbring in die tydlyn en groot maak. Daarna het Abba al die DID stukkies wat Hy al kom haal het een vir een uit laat kom en geintegreer. Vir die eerste keer het ek pins en needles in verskillende dele van my brein gevoel.

Daarna sê Abba Hy kort nog 16 deeltjies. Ek vra toe vir almal dat hul asb vir Jesus moet aanneem en hul hartseer vir Hom gee. Ek hoor toe ‘n klomp “ja’s”, maar Abba sê ek moet die ja’s tel. Ek tel toe maar net 14. 2 wou nie.. na mooi praat het hul ingestem. Ek het toe voor Abba se troon verskyn met 16 ja’s en gevra asb genees my.

Vir die res van die oggend het ek pins en needles gehad oor my middel brein. Dit was amazing!!

Abba het gesê ek moet myself kans gee om myself weer te leer ken. Hy sê ek is nie eintlik ‘n introvert nie ek is gemaak vir mense – dit was ‘n beskeming meganisme om my weg te hou van mense.

Ek is so so so baie dankbaar. Ek voel soos ‘n nuwe mens. Ek eer Abba elke dag.

Dankie vir jul liefde en leering.

Alle blessings.

Rolanda