Good morning,

Just an update on whats been happening….

At the “Why we are stuck workshop”: My mother came along, very negative about what to expect… she burst into tears and told me the pain is just too great. I got her to sit down again. She felt pins and needles on her whole left side. She was diagnosed with belles palsy not too long ago. The next day was the first day since 1July 2016 where she had any color in her face. She was very trigered and did not want to join us the next day, but still came. She looks so much healthier. She wont share more than that.

I am stuck in a hall and I saw a little girl about 3 years old walking away from me. I asked her her name… she is called Andrea. When she looked at me i realised its me. I called her to me and asked her if Yeshua can hold her hand and we leave….
She turned away shy and walked away shaking her head. Then she disappeared into the last room.
I explained to my mother what it looked like around me… how many rooms ect. She says i should not remember that house. I was born there. Was very ill and she had to put me in a dark room to protect my eyes. She says i cried a lot. My brother on the other hand was about 2 there. He saw an “omie” in that house. It scared her so much, they moved eventually.

When we drew what we we saw, i saw a pit and slime. Shackles at the bottom of the pit. And i heard my ” blood ” screaming out of it. Yeshua said to plant a cross. I drew a cross in the middle and got such an emense head ache. He then said to start walking. I walked into an extremely beautiful garden with colors that dont exist. Unreal flowers… most amazing smell, i was “soft like”…

Vaal water update:
We couldnt go as finances did not allow, but God provided. He sent earth angles from every corner. We had money for food, a friend dropped off spinach, petrol money through a customer who owed money…. just popping in quickly as he was in the area…. then the blessing of the accommodation. God is just so good. I cried so much, I felt Love and Care and Happiness like never before.

Gestuienis

28 November 2016

Liewe Vera en span

Ons as gesin was by die volgende werkswinkels hierdie jaar:  Bloodline Curses 1 & 2.  Why are we stuck 1, 2 & 3 en Pre Natal vir Kinders en Volwassenes.  Ons stap hierdie journey vanaf Julie maand.  Ons is ook op ‘n groepie wat hofsale toe gaan met gebede, ook ongeveer vanaf Julie.

Ons jongste dogter is 10 jaar oud.  Sy sukkel om te leer lees, kommunikeer en haar mondjie is te klein vir al haar tande.  n Baie “timid” kind, asof sy in ‘n boxie leef.  Ons het besluit om Abba te vertrou vir totale herstel op alle vlakke.  Daar was klein veranderings (shifts) wat ons as gesin kon optel in ons emosies en optrede.  Ook in ons albei se ouers, kon ons klein veranderinge sien.

Gisteraand het Abba ons egter verstom.  Ons jongste is bang vir donderweer.  Ons gesin het op die bed gaan sit en haar geesmens na vore geroep.  Ek het haar gevra om na haar tuin te gaan.  Dit was die mees fantastiese ervaring om haar dop te hou.

Sy het dadelik vertel haar tuin is vol blomme.  Daar is mooi groen, lekker sagte gras.  Daar is baie bome, vrugtebome (appels) en alle ander soorte.  Daar is ‘n dam en daaruit vloei ‘n rivier.  Sy het Jesus voor haar sien staan.  Hy het haar hand gevat en vir haar geglimlag.

Hulle het ‘n hele rukkie deur die tuin gestap en soek na iets wat nie daar behoort nie.  Skielik kom haar hondjie aangehardloop.  Die hondjie staan toe stil en knor.  Jesus wys vir haar ‘n demoon wat onder ‘n boom sit.  Sy vra vir Jesus om hom weg te vat.  Jesus sê vir haar om die demoon self aan te spreek.  Sy sê vir hom:  “In Jesus se Naam, gaan nou weg!”

Toe hardloop demoon weg, met haar hondjie agterna wat hom aan die stert byt.  Jesus het haar toe na ‘n engel geneem.  Sy het op sy rug geklim en saam met hom gevlieg.  Toe sy afkyk, sien hul hoe hardloop demoon nog al die tyd met die hondjie aan sy stert en ‘n klomp engele agterna.

Jesus het vir haar ‘n appel gaan pluk. Sy het hom met stronk en al geëet.  Dit was heerlik soet.  Toe gaan haal Jesus haar hondjie om saam te vlieg.  Die engel het haar gevra of hy op sy vinnigste moet vlieg.  Sy het ja gesê en moes vasklou om bo te bly.

Toe wys Jesus vir haar al haar engele.  Hul het op grond gestaan en vir haar opgekyk.  Daar was derduisende (Jesus het gesê sy hoef nie te tel nie, daar is derduisende).

Hulle het geland.  Sy het afgeklim.  Jesus het vir haar gesê sy MOET weer tuin toe kom.

Toe sy terugkom, lag sy kliphard uit haar maag en praat en praat en praat.  Ons het haar nog nooit so ervaar nie.  Sy is kamer toe en het aan die slaap geraak terwyl die weer dreun.

Hierdie is nou baie direk geskryf, nes ons dogter dit vertel.  Ons wil vir Abba al die eer bring.  Ons is so opreg dankbaar dat Hy ons op hierdie journey en hierdie plek gebring het en dat ons weet, Hy voltooi die werk wat Hy in ons begin het.  Dankie Abba vir elke sleutel, elke stukkie toerus.

28 November 2016

Ons dogter is self oggend, terwyl sy buite speel na haar tuin toe.  Hy het haar na ‘n mooi dammetjie met klippies uitgelê geneem en haar voete gewas.  Vir haar vertel hoe belangrik dit in ou dae was om hulle voete skoon te was.  Vir haar ‘n piesang gegee.

29 November 2016

Yeshua was nie waar Hy altyd sit waar sy in haar tuin inkom nie.  Toe sy rondstap, vind sy Hom op ‘n heuwel besig om te bid.  Hy sê vir haar, die son wat in haar tuin skyn is nie soos die son op aarde nie, dis God.  Haar hondjie bring vir haar ‘n sonneblom.  Sy plant dit by die ingang van haar tuin.  Yeshua vra wanneer wil sy die sleutel vir haar mondjie hê.  Sy sê sy wil wag tot vanaand, wanneer pappa ook by is.

Aand:  Kort weergawe J…Hulle stap deur haar tuin en Yeshua sê hulle gaan lank stap.  Hy tel haar en haar hondjie op sy rug en vlieg met hulle.  Hulle kom by ‘n kluis uit, wat deur ‘n “klein demoontjie met ‘n swaard” beskerm word.  Yeshua sê sy kan hom self wegjaag of ‘n engel vra om dit te doen.  Sy kies dat engel dit doen.  Yeshua gee vir haar die sleutel van die kluis.  Die sleutel wat sy uit die kluis haal is van goud.  Hul vlieg weer na die dammetjie.  Yeshua sê sy moet in water kyk, dan sal sy sien hoe haar mond nou lyk.  Dan moet sy opkyk en weer in water kyk.  Toe sien sy 7 slotte aan haar mond.  Yeshua sê sy moet sleutels vir Hom gee.  Hy sê sy moet agter Hom aanbid.  Hy lei haar in ‘n gebed, redelik eenoudig.  Kon nie al die woorde vinnig genoeg neerskryf nie.  “In Yeshua Hamashiach se Naam gaan my mond nou oopgaan, gaan my tande reg groei, ek sal kan praat, als gaan regkom.”  Hy sluit die slotte oop en maak haar mondjie skoon. Hy vra of sy vir “celebration” weer op engel wil gaan vlieg met haar hondjie.  Toe sy uit tuin stap sê Yeshua vir haar dat sy mooi goed met haar mondjie moet doen.  Duiwel wou steel.  Sy moet onthou haar familie en almal in haar lewe is baie lief vir haar en Hy en God is baie lief vir haar.  Hy sê vir haar:  “Glo My, dinge gaan nou makliker wees.

Ek sal nie elke liewe “tuin encounter” vir julle stuur nie, maar wou graag deel.  Hierdie is ‘n antwoord op soveel mense se gebede en elke persoon moet hierdie dinge weet!  Ons weet niks!  Ons gryp na alles en almal behalwe na Hom!

Baie dankie Vera, Kerneels en ieder en elk van julle span vir julle gehoorsaamheid, liefde, opregtheid, ek het nie genoeg woorde nie. Dankie dat julle ons leer van hierdie dinge, tuine, dansvloere, hofsale, petisies, alles!   Julle vertel ons die waarheid!  DANKIEDANKIEDANKIEDANKIE!    Mag God julle optel en met julle vlieg, presies daar waar Hy met julle elkeen wil gaan.