Hi Vera en Kerneels

Die eerste workshop in Augustus wat ons bygewoon het, het Abba my gewys op ‘n bitter hart en daardie woord is 4 keer daarna bevestig soos Hy my op ‘n journey begin vat het. Ek het ook Dr MK Strydom se videos begin kyk waar sy verduidelik dat allergiee kom weens toxic thoughts van bitterheid. Ek is van 5jr af allergies  vir ALS! (Stof, katte, honde, gras, aircons…noem dit!) Ek het Jesus gevra om dit vir my uit te wys waaroor ek bitter is en met elke herinnering begin deal en daardeur gebid vir vergifnis. Waar ek eers geleef het op Allergex kan ek nou nie onthou wanneer laas ek een gedrink het nie. My Abba het my genees van AL my allergiee. Dankie Jesus.

Hierdie workshop in September is ‘n rooi letter tyd. Een waarna ek nooit weer dieselde sal wees nie. Woensdag het Vera gepraat oor hoe jou gees of gedeelte daarvan captive kan wees. Toe sy begin bid en vra waar my gees mens is kon ek niks sien nie als was pik swart. Ek het neergeskryf dis donker. Ek het begin bibber van koue en begin vinnig asem haal soos met ‘n vrees aanval. Toe skryf ek – eks bang en dis koud en ek is soo alleen. Ek het steeds nie geweet waar ek is nie. Soos Vera gebid het en vra om na Jesus toe te draai na Sy lig toe, kon ek voel ek word vryer en dit word ligter.
Dit het later in my hart geval ek was in ‘n pit. My liggaam het dadelik gereageer en my skouers het ontspan want ek het nie meer gebibber nie. My hande en voete wat ALTYD yskoud was is nie meer koud nie (my man is super dankbaar vir dit – nou druk ek nie elke aand my yskoue voete teen hom om warm te word nie. My voete was werklik altyd koud dat ek met kouse en wol slippers loop en steeds koud is. My man het altyd gesê eks ‘n freak 🙂 nooit gedink my gees is opgesluit in ‘n pit! Die bangheid was ook altyd merkbaar in my lewe. Ek het in vrees geleef dat ek op my bed sit met ‘n knop op my maag en sê eks bang eks so bang. En dan met my 5% brein probeer redeneer dat daar nie rede is vir vrees nie. Nou verstaan ek waaroom dit nooit gewerk het nie. My gees was werklik bang! So dankbaar om nou verlos en vry te wees. Dankie Abba!!!

Donderdag was het die Here my ook aangeraak. My brein het alters gevorm om my te beskerm. Toe Vera begin bid het my liggaam so gereageer my rug het kort kort in spasmas ingegaan. Dit was so seer. Ek het net aanhoudend gebid en sê dis seer Pappa dis seer. Help my asb. Ek het nie geweet hoekom die alters gevorm is nie en wat my so seer maak nie. My man het vir my begin bid en sy hand oor my rug gevryf en soos hy vryf so spring die pyn elke keer weg van sy hand af.  Ek het besef dis ‘n demoon wat op my rug is. Toe Vera die sondes belei het hy my weer begin seer maak maar toe sy die “false babtism” belei was dit die ergste. Kan die klein doop ‘n oop deur wees?  Sy het die slange en skerpioene weggejaag en toe sy condalini sê het hy my gelos!!!

Vera het met die alters gepraat en gevra “those that are ready to merge with the original” het ek geskrik toe ek al die stemme hoor.. “me me me me me me me.. “. Ek het ‘n pyn begin voel in my rug en Vera sê toe vir my man dat hy moet aanhou vryf dis ‘n baba se pyn… die goed is vir my vreemd maar toe hy begin vryf en ek het uitgebars in trane. ‘n Huil uit my diepste wese wat my tot die vloer dwing! Soveel pyn soveel seer het uitgevloei! Ek het gevoel hoe ek rustiger word en weer opgestaan. Ek het begin lag en Vera sê ek moet my kroon van Joy ontvang..”dis baie mooi hy was by jou gesteel” Ek kon voel hoe die joy van die Here my hart vul. Ek prys sy wonderlike Naam!!!  Toe ons uitstap het my man met my gedeel dat terwyl hy vir my gebid het het die Heilige Gees aan hom geopenbaar hoe ek as baba na Jesus toe kom en sê ek wil nie meer gebore word nie want my ouers soek ‘n seun Heinrich. En Shawn sien toe hoe Jesus vir my sê dat Hy het my van die begin af beplan —- Ek het my ma gevra oor dit en sy het gesê sy wou altyd ‘n seun gehad het en sy wou hom Heinrich genoem het.  Ons Abba is so groot en wonderbaar.

Vera ek wil graag vir jou dankie sê dat jy bereid is om ‘n instrument in die Here se hand te wees. Jy is waarlik ‘n geseende van die Here.

Rolanda