More Vera
Eerstens wil ek dankie sê vir jou ongelooflike gehoorsaamheid aan Ruach se stem. Mag jy en jou gesin geseënd wees in alles wat julle doen.
Ek wil graag my getuienis met jou deel.
Ek het Woensdag tydens die oggend se sessie beeld gekry van myself in Yeshua se arms waar hy my dra. Ons het gestaan voor ‘n baie groot en sterk pilaar (pillar of pride and fear). Dit was in ‘n vertrek wat baie donker was. Ek kon sien dat die pilaar die vertrek in twee dele verdeel. Ek konnie om die pilaar loop nie en die enigste manier van die een donker deel na die ander donker deel was om deur die pilaar te breek.
Ek het geweet wat dit in my gees beteken want ek struggle al baie lank met vertroue en vrees dat niemand vir my gaan sorg op aarde nie. Na twee egskeidings waar albei mans my in die steek gelaat het emosioneel en finansieel het my gees mens weggedraai van Hom wat my provider is en ek het in vrees gegaan omdat ek nou vir myself moes sorg. Veral finansieel!
Ek kon nie verstaan hoekom ek so sukkel om hierdie vrees te oorkom nie. Ek was regtig stuck vir baie jare.
Dit was ook vir my vreemd dat Yeshua my dra en tog kan ek nogsteeds nie deur die pilaar breek nie! Asof ek bewustelik weet Hy is daar, maar onbewustelik is dit nie realiteit nie. My gees het weggedraai na die trauma van twee egskeidings.
Die volgende dag van die workshop het jy genoem dat soms moet mens nie deurbreek nie, maar net omgedraai!!!
Die oomblik toe jy dit sê het ek geweet dis my antwoord. Ek sukkel jare om deur te breek, maar al waarvoor Yeshua wag was dat ek surrender en OMDRAAI!!
Ek het nooit besef dat die ander kant van die vertrek ook donker is nie. Om deur te breek sou my net op dieselfde donker plek gebring het.
Ruach het my toe in die gees gehelp om om te draai en daar is die mooiste tuin vol blomme en bome en lig!! Yeshua self sê toe vir my “Ek het nie meer nodig om jou te dra nie, Ek gaan jou nou neersit en dan jou hand vat en dan gaan ons twee saam deur die tuin loop”
Hierdie was instant inner healing!!
Ek is weer getroud en Ruach het vir my gesê dat Hyself hierdie keer my man uitgekies het vir my en dat ek Yahweh moet vertrou dat Hy my man in staat sal stel om vir my te sorg deur Sy genade en guns.
I’M NO LONGER A SLAVE OF FEAR!!
Hierdie was regtig Amazing…
Ons gesin hou Shabbat en Saterdae oggende stap ek na my kleuterskool en gaan aanbid alleen daar sodat ek regtig kwaliteit tyd saam met Hom alleen kan spandeer.
Ek het maar roetine en gaan sit elke keer op dieselfde plek, maar vanoggend toe ek klaar gaan sit het wys Ruach my dat ek heeltemal in die teenoorgestelde rigting gaan sit het. My Gees het terug gedraai!!! Onbewustelik was daar nou healing en nou kan ek bewustelik sowel as onbewustelik al my vertroue in Hom plaas.
Wou dit met jou deel, want hierdie is beslis life changing vir my!
Blessings