Vera en Kerneels

Uit die diepte van my hart uit wil ek vandag vir julle dankie sê vir die werk wat julle doen. Dit bring antwoorde op gebede vir baie mense.

Yeshua het my laas jaar gely om te begin meer navors oor stukke van ons siele wat gevange geneem word, deur Ana Mendez Ferrell se teachings. Ek het ‘n vers gekry Sagaria 9:11-12. “Wat jou betref, My verbond met jou is met offerbloed beseël. Daarom sal ek jou gevangenes laat red uit julle gevangenskap. Kom terug na die vestingstad toe, gevangenis wat nou hoop het. Ek verseker jou vandag, ek gee jou twee maal soveel as wat jy gehad het”

Ek het die 30ste November vorentoe gegaan en jy het vir my gebid. Ek was ook die 1ste Desember saam met julle op na die berg toe. WOW WOW WOW. Die afgelope maand en half het dinge in myself begin verander. Ek weet nie hoe om dit te stel nie, maar dit is asof soveel mure in myself afgebreek is (mure wat nie daar moes wees nie) en Yeshua is besig om te bou wat daar moet wees. My gevangenis is gered uit hul plekke van gevangenis, soos die vers hierbo sê.

Daar is soveel wat ek wil deel met julle, my “experience” en visioen op die berg, en goed wat alles na dit gebeur het, maar vandag wil ek net vir julle dankie sê vir wat julle doen en die liefde wat julle uitstraal.

Ek kan die liefde van ons Hemelse Vader in julle sien.

DANKIE, DANKIE, DANKIE

Blessings