After a workshop for inner healing for children

 

Liewe vera en span

Dit is vir my ‘n groot voorreg om vir jullie die volgende te kan skryf.

Ek het eintlik nie woorde om vir julle te sê wat Abba die naweek van die kinders- inner- healing workshop vir ons gedoen het nie.

My seuntjie, Michael, is 11 jaar oud.

Hy het met baie agressie gesit, verwerping en verwarring op sy lewe. Ek het al menigte kere petisies gedoen en DNA skoon gemaak, in die geesmens in gepraat en trauma gates toe gemaak. Maar keer op keer is ons net terug waar ons gesit het. Ons het iets gemis.

Michael was saam met ons op die workshop vir die grootmense. Hy het saam met ons deur die petisies gesit wat Vera namens ons in die hof gedoen het. Hy het egter nie deur alles gesit nie. Die aand vra ek en sy oupa hom hoekom hy nie deur alles gesit het nie en of hy dit verstaan het. Hy sê toe ja hy het alles verstaan, maar iets het in sy oor vir hom gefluister dat hierdie simpel is en hy het dit nie nodig nie.

Ek bid toe Waarheid en Lig in hom in en vra toe vir Heilige Gees om hom te help, ek dank YHVH vir wat volgende gebeur het.

Michael se walle het gebreek .

Vir die eerste keer was hy eerlik en sê toe hoe hy voel, hoe hy my blameer dat hy nie sy “pappa” ken nie, dat hy groot word sonder maatjies omdat hy anders voel binne (omdat die Here hom bly roep vir die wêreld) en hy weet dis die Here wat hom afsonder en hy hou nie daarvan nie, dat hy nie baie happy is dat ek weer getroud is nie want hy wil hê ek moet in oupa se huis bly.

Die Shalom van YHVH het oor my gekom en ek kon in eerlikheid en berou, sonder skuldgevoellens, (wat my al jare opeet) na Michael toe gaan en sê ek is baie jammer. Dit is my skuld dat ek buite die eg seks gehad het, maar Abba alleenlik het hom beplan, dat sy pa ‘n aborsie wou hê en ek het gekies om hom te los, ek het gekies om my lewe vir Yeshua te gee en Hom te volg en ek het gekies om hom vir Abba te gee sodat hy in die Koningkryk eendag sal kan werk, om in sy destiny te loop en nie in die wêreld nie.

(Al die goed het ek al baie na die Here gevat en voor Hom gehuil, maar ek kon vir die eerste keer my kind in sy oë kyk en uit ‘n hart van berou en eerlikheid vir hom ook vergifnis vra, omdat ek daai dag ook deur die kursus was en ‘n vryheid oor my gehad het.)

Toe julle ons laat weet daar is weer ‘n workshop vir kinders het Michael na ons toe gekom en gesê hy wil dit ook weer doen. Hy is nou reg en wil in sy tydlyn loop soos Abba dit gemaak het en nie meer sy eie tyd volg nie. Hy sê hy het ‘n verskil in ons gesien en hy wil ook daai verskil in sy lewe hê.

Hy was so opgewonde en het kort-kort na ons toe gekom en gesê hy kan nie wag nie. Hy self het sy vrese na die Here gevat en hy wag net vir daai dag dat alles nou by Abba kan wees en hy ‘n besluit kan maak.

Daai aand het Michael omtrent nie geslaap nie en kort-kort gevra of dit tyd is om op te staan. Toe my wekker 4 uur af gaan en ek hom wou wakker maak, toe is hy al klaar aangetrek. Ons bly in Secunda en die hele pad wat ons gery het was hy baie ernstig en opgewonde.

Toe ons die vergifnis brief vir die kinders moes lees, ek kan sê, dit was vir my baie moeilik, (dinge het in die lig gekom wat niemand van geweet het nie, net YHVH). Toe ons klaar was vat Michael my om die nek en se “mamma ek vergewe jou vir alles, dit is okei. Van vandag af sal ons ‘n nuwe en sterker verhouding hê, eks baie lief vir mamma en is dankbaar die Here het jou gekies.”

Ek kon sien in die gees soos Michael die besluit gevat het om dit te doen, hoe dinge in die gees gebreek het, hoe baie dinge gelig was, kettings los gekom het en hoe YHVH sy geeslike DNA verander het.

Julle sal my dalk glo as ek sê, ek sit met ‘n ander kind. So gehoorsaam en stry nie meer nie. Hy is opgewonde oor sy eie toekoms en die planne wat die Here vir hom het. Hy het selfs sy drome vir die toekoms begin neerskryf. Liefde stroom uit hom uit.

Maar Michael word getoets en ons help hom om sy gates skoon te hou, dis ook nou vir hom makliker want hy sê alles het net gedrop in sy gees. Hy sukkel nog as die gat van woede oop gaan om dit vinnag na Abba toe te vat en dit weer skoon te maak, maar hy weet dis ‘n proses en eendag sal hy die toets slaag en dan het die duiwel nie meer reg om daai knoppies te druk nie. Hy sê net verlede week vir my dis moeilik as die Here hom so druk, maar hy weet net Michael word nou uit gedruk sodat daar meer Yeshua in hom kan kom, dis nie maklik nie mamma.

Hy gaan nou uit sy eie en gaan lees bybel, doen petisies en worship die Here, hy maak ook sy eie worship songs op deur die dag. Ons as gesin is baie opgewonde, nie net oor die toekoms nie, maar ons sien die verskil wat dit in ons maak as dinge skoon kom, as ons tydlyn nou in die regte hande is, ons weet ook dit is net die genade van die Here wat ons die workshops laat bywoon en ons die geleentheid gegee het.

Ek wil julle as span seën omdat julle gehoorsaam is en die werk van die Koningkryk na ons toe bring, dat julle gaan waar min mense wil gaan in die gees en dat julle ons getrou kom leer, mag YHVH julle pad verlig en julle dieper insig gee. Baie dankie vir alles.

Shama Shalom

Marikha Blom

 

Hi Vera

Ek wou al lankal vir jou gemail het, net om baie dankie te se vir jou en jou span vir die werkswinkel wat ons nou die dag kon bywoon met Zack.  Dit was baie wonderlik gewees!!

Dankie vir jul tyd en moeite wat jul ingesit het om mense se lewens te verander.

Zack was aanvanklik nie baie lus vir die storie nie, maar het vinnig ontdooi.  Hy het dit geniet om op die bal rond te hop.  Jy het alles so mooi verduidelik en ek dink my Man verstaan ook nou beter.

Zack het dit vreeslik geniet om saam met ons onder die laken te sit!!  En toe hy met so ‘n spoed en groot glimlag deur die “geboorte-kanaal” aankom……..sjoe, wat kan ek se!!  (Ek dink natuurlik dit het baie genesing vir my ook gebring! Dankie!!)

Daardie aand het hy ook weer ‘n paar keer onderdeur goed gekruip en op my skoot kom sit.

In die week daarna, het dit weer by tye baie rof gegaan en baie dingetjies het uitgekom.  Dit gaan nou baie goed en ek kom beslis ‘n groot verskil agter.

Ek wou jou net laat weet en weereens baie dankie se!!

Geseende week vir jou!

Groete

Lize

Vera en Kerneels

Ek moet gehoorsaam wees, so ek gaan die vir julle stuur.

Lizelle het my vertel van die workshop wat gehou gaan word, so ek het dadelik dit aangegryp omdat Abba al lank met my praat oor Timothy.

Paar aande na die Saterdag se goedjies het Timothy vir my gese hy kan dit nie beskryf nie, maar iets is anders in hom.

‘n Paar dae later het hy skielik, (iets wat hy nooit doen nie a.g.v. sy gewiggie waarmee ons al jare stoei), om hul skool baan vier keer gehardloop!!!! Glo my as ek sê dat dit NIE gewoon is nie. Sy juffrou het my van die skool af gebel en in trane gesê dat sy my moet vertel wat my kind so pas vermag het!!! Natuurlik kan julle die trane indink!!!! AL SY JUFFROUENS het by die eindstreep vir hom gewag! Die ge “cheer” was natuurlik ongelooflik vir Tim. Ek is sooooooooo trots op my blou oog blessing.

Timothy het skielik al VYF KILOS verloor wat ek met ‘n veertig dag vas en elke dag se gebid oor sy Hypothelemus en Petuarty (verskoon die spelling), glands gespreek het nie eens kon reg kry nie.  Baie aande se trane en gesoebat by Abba kon dit nie eens regkry vir hom om gewig af te skud nie…

Ek moet eerlik waar sê dat ek nie gedink het dit sou enigsins moontlik wees dat hy dit sou kon doen nie.

Abba het beslis ‘n wonderwerk daar laat gebeur.

Ek wil julle regtig aanmoedig met die ding wat julle begin het met die kinders en ouers.  Dit is nou maar eers die begin, maar as ek sien wat in my kind al klaar gebeur het kan ek nie wag om soveel ouers as moontlik te vertel nie.

Daar is beslis ‘n DNA verandering in Tim….dankie tog vir Abba vir Sy genade daar.  Tot Timothy spog dat hy niks van sy ma en pa meer het nie….

Ek bid regitg dat Abba hierdie ding soos ‘n veldbrand sal laat versprei. Ek dink net aan die genesing wat deur dit kom vir soveel mense. Sjoe!!! Dit is so nodig. Ek hou julle regtig in my gebede en ek bid wysheid en baaaaaaie finansies in oorvloed vir julle bediening……

GO GET THEM!!!!!!!

Lekker dag vir julle verder

Groete Michelle Bird xxx