Liefste liefste liefste Vera,

My lewe was in skerwe ek was depressief…myself gehaat…myself nie kon vergewe oor my verlede en min hoop gehad. Ek was een bol “confusion” en het vasgesit in soveel donker plekke. Ek het Abba gevra om my te kom help en HY het jou in ons lewe gestuur om ons te leer en te help. Te leer van Abba se omgee, Yeshua se liefde en sy Ruach wat ons altyd sal help.

Jy het ons nie net help leer aan wie ons behoort nie, maar ook hoe om te “war” en “victories” te kry in soveel areas van ons lewe met jou “workshops” en ook met die wonderlike voorreg om jou hulp te kon ontvang met “one-on-one” sessies, vir my en my familie.

So mag jy werklik die “blessings” van wie jy is en aan wie jy behoort met ope arms ontvang in die jaar wat kom en mag Abba jou engele krag gee… Ons is so baie lief vir jou en oneindig dankbaar vir wie en wat jy is…

Ek is Abba ewig dankbaar vir wat jy ons leer.